| Chapter 11 |
1 |
Toe het Sofar, die Namatiet, geantwoord en gesê: --
|
2 |
Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê? --
|
3 |
Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak -- --
|
4 |
en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë? --
|
5 |
Maar, ag, as God maar wou spreek en sy lippe open teen jou! --
|
6 |
En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien. --
|
7 |
Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige? --
|
8 |
Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet? --
|
9 |
Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see. --
|
10 |
As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep -- wie sal Hom dan teëhou? --
|
11 |
Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee. --
|
12 |
So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word. --
|
13 |
As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom --
|
14 |
-- as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie -- --
|
15 |
ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees. --
|
16 |
Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink. --
|
17 |
En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker -- dit sal wees soos die môre ! --
|
18 |
En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond -- jy sal in veiligheid gaan slaap. --
|
19 |
Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek. --
|
20 |
Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem. --
|