| Chapter 6 |
1 |
Maar Job het geantwoord en gesê: --
|
2 |
Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef! --
|
3 |
Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam. --
|
4 |
Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op. --
|
5 |
Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer? --
|
6 |
Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier? --
|
7 |
My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys. --
|
8 |
Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee! --
|
9 |
En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny! --
|
10 |
Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie. --
|
11 |
Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees? --
|
12 |
Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper? --
|
13 |
Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie? --
|
14 |
Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. --
|
15 |
My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop, --
|
16 |
wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg -- --
|
17 |
in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek. --
|
18 |
Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan. --
|
19 |
Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag. --
|
20 |
Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld. --
|
21 |
So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees. --
|
22 |
Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë? --
|
23 |
Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne? --
|
24 |
Onderrig my, en k sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het. --
|
25 |
Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig? --
|
26 |
Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind! --
|
27 |
Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel. --
|
28 |
Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie. --
|
29 |
Keer tog terug -- laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug -- nog is my geregtigheid daar. --
|
30 |
Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie? --
|