| Chapter 4 |
1 |
Toe antwoord lifas, die Temaniet, en sê: --
|
2 |
As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit? --
|
3 |
Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk. --
|
4 |
Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk. --
|
5 |
Maar nou dat dit jou oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jou tref, is jy verslae! --
|
6 |
Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie? --
|
7 |
Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg? --
|
8 |
Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, die maai dit. --
|
9 |
Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig. --
|
10 |
Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller -- ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek. --
|
11 |
Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi. --
|
12 |
Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang, --
|
13 |
by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val. --
|
14 |
Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe. --
|
15 |
Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys. --
|
16 |
Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie -- 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê: --
|
17 |
Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker? --
|
18 |
Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling. --
|
19 |
Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot. --
|
20 |
Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee. --
|
21 |
Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid. --
|