| Chapter 3 |
1 |
Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek. --
|
2 |
En Job het begin en gesê: --
|
3 |
Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang. --
|
4 |
Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie. --
|
5 |
Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik. --
|
6 |
Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie. --
|
7 |
Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie. --
|
8 |
Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits. --
|
9 |
Mag die sterre van sy môre skemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie. --
|
10 |
Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie. --
|
11 |
Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie? --
|
12 |
Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink? --
|
13 |
Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het, --
|
14 |
saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself; --
|
15 |
of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het. --
|
16 |
Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie. --
|
17 |
Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is. --
|
18 |
Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie. --
|
19 |
Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer. --
|
20 |
Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel; --
|
21 |
wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte; --
|
22 |
wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind? --
|
23 |
Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is? --
|
24 |
Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water. --
|
25 |
As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. --
|
26 |
Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus! --
|