| Chapter 12 |
1 |
En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand. --
|
2 |
Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie. --
|
3 |
En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer? --
|
4 |
Daarop versamel Jefta al die manne van G¡lead om teen Efraim te veg; en die manne van G¡lead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse. --
|
5 |
En G¡lead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -- dan vra die manne van G¡lead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee, --
|
6 |
dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in die tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval. --
|
7 |
En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van G¡lead. --
|
8 |
En n hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig. --
|
9 |
En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig. --
|
10 |
En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem. --
|
11 |
En n hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig. --
|
12 |
En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land Sbulon. --
|
13 |
En n hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig. --
|
14 |
En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig. --
|
15 |
En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in P¡reaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete. --
|