| Chapter 18 |
1 |
Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was. --
|
2 |
Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie. --
|
3 |
Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het? --
|
4 |
Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom --
|
5 |
en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou. --
|
6 |
Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die HERE onse God. --
|
7 |
Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het. --
|
8 |
Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die HERE in Silo. --
|
9 |
En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo. --
|
10 |
Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings. --
|
11 |
En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef; --
|
12 |
en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van Jrigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen; --
|
13 |
en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder; --
|
14 |
dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Je rim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant; --
|
15 |
en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Je rim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftoag; --
|
16 |
dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refaete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel; --
|
17 |
verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adummim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben; --
|
18 |
dan gaan dit oor na die hang teenoor die Araba in noordelike rigting en loop af na die Araba; --
|
19 |
verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn; --
|
20 |
en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom. --
|
21 |
En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: Jrigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis, --
|
22 |
en Bet-Araba en Semar im en Bet-el, --
|
23 |
en Haäwim en Para en Ofra, --
|
24 |
en Kefar-Haämmoni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe; --
|
25 |
G¡beon en Rama en Beërot, --
|
26 |
en Mispe en Kef¡ra en Mosa, --
|
27 |
en Rekem en J¡rpeël en T reala, --
|
28 |
en Sela, Elef en Jebusi, dit is Jerusalem, G¡beat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte. --
|