| Chapter 15 |
1 |
En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide; --
|
2 |
en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek; --
|
3 |
en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barna en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe; --
|
4 |
dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees. --
|
5 |
En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af --
|
6 |
loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben. --
|
7 |
Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adummim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel. --
|
8 |
Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is. --
|
9 |
Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na B la, dit is Kirjat-Je rim. --
|
10 |
Dan swaai die lyn van B la af weg in westelike rigting na die gebergte Ser en loop oor na die noordelike hang van die berg Je rim, dit is Ksalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna. --
|
11 |
Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg B la en loop aan na J bneël, sodat die lyn doodloop by die see. --
|
12 |
Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte. --
|
13 |
Maar aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron. --
|
14 |
En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ah¡man en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe. --
|
15 |
En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer; --
|
16 |
en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee. --
|
17 |
Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. --
|
18 |
En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê? --
|
19 |
En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. --
|
20 |
Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte. --
|
21 |
En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: K bseël en Eder en Jagur, --
|
22 |
en Kina en Dimona en Ad da, --
|
23 |
en Kedes en Hasor en Jitnan, --
|
24 |
Sif en Telem en Balot, --
|
25 |
en Hasor-Had tta en Kriot-Hesron, dit is Hasor; --
|
26 |
Amam en Sema en Molada, --
|
27 |
en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet, --
|
28 |
en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjotja, --
|
29 |
B la en Ijjim en Esem, --
|
30 |
en ltolad en Kesil en Horma, --
|
31 |
en Siklag en Madm nna en Sans nna, --
|
32 |
en Leb ot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe; --
|
33 |
in die Laeveld: Est ol en Sorea en Asna, --
|
34 |
en Sanoag en En-Gannim, Tappuag en Enam, --
|
35 |
Jarmut en Adullam, Sogo en Aska, --
|
36 |
en Saär im en Ad¡taim en Gedra en Gedrotaim: veertien stede met hulle dorpe; --
|
37 |
Senan en Had sa en Migdal-Gad, --
|
38 |
en Dilean en Mispe en Jokteël, --
|
39 |
Lagis en Boskat en Eglon, --
|
40 |
en Kabbon en Lagmas en Kitlis, --
|
41 |
en Gedrot, Bet-Dagon en N ma en Makkda: sestien stede met hulle dorpe; --
|
42 |
Libna en Eter en Asan, --
|
43 |
en Jiftag en Asna en Nesib, --
|
44 |
en Keh¡la en Agsib en Marsa: nege stede met hulle dorpe; --
|
45 |
Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe; --
|
46 |
van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe; --
|
47 |
Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied; --
|
48 |
en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo, --
|
49 |
en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir, --
|
50 |
en Anab en Estmo en Anim, --
|
51 |
en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe; --
|
52 |
Arab en Duma en Esean, --
|
53 |
en Janum en Bet-Tappuag en Afka, --
|
54 |
en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe; --
|
55 |
Maon, Karmel en Sif en Jutta, --
|
56 |
en J¡sreël en Jokdeam en Sanoag, --
|
57 |
Kain, G¡bea en Timna: tien stede met hulle dorpe; --
|
58 |
Halhul, Bet-Sur en Gedor, --
|
59 |
en M rat en Bet-Anot en ltekon: ses stede met hulle dorpe; --
|
60 |
Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Je rim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe; --
|
61 |
in die woestyn: Bet-Araba, Middin en Seg ga, --
|
62 |
en Nibsan en die Soutstad en ngedi: ses stede met hulle dorpe. --
|
63 |
Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe. --
|