| Chapter 31 |
1 |
Toe hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s'n was; en uit wat ons vader s'n was, het hy al hierdie rykdom verwerf. --
|
2 |
Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie. --
|
3 |
En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees. --
|
4 |
Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee --
|
5 |
en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my. --
|
6 |
En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het; --
|
7 |
maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie. --
|
8 |
As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes. --
|
9 |
So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee. --
|
10 |
Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was. --
|
11 |
En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek! --
|
12 |
En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen. --
|
13 |
Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland. --
|
14 |
Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader? --
|
15 |
Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want hy het ons verkoop en die geld wat deur ons verkry is, geheel en al deurgebring. --
|
16 |
Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het. --
|
17 |
Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele, --
|
18 |
en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän. --
|
19 |
Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel. --
|
20 |
En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie. --
|
21 |
So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van G¡lead. --
|
22 |
En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het. --
|
23 |
Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 'n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van G¡lead. --
|
24 |
Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in 'n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie. --
|
25 |
En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van G¡lead. --
|
26 |
Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het? --
|
27 |
Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het? --
|
28 |
Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel. --
|
29 |
Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie. --
|
30 |
Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader -- maar waarom het jy my gode gesteel? --
|
31 |
Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem. --
|
32 |
Die een by wie u u gode vind -- hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie. --
|
33 |
Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel. --
|
34 |
Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie. --
|
35 |
Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie. --
|
36 |
Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het? --
|
37 |
Nou dat u al my goed deurgevoel het -- wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee. --
|
38 |
Twintig jaar was ek nou by u. U skaap-- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie. --
|
39 |
Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is. --
|
40 |
Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë. --
|
41 |
Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander. --
|
42 |
As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie -- ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel. --
|
43 |
Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters -- wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het? --
|
44 |
Kom dan nou, laat ons 'n verbond sluit, ek en jy, dat dit 'n getuie tussen my en jou kan wees. --
|
45 |
Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig. --
|
46 |
En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en 'n hoop gemaak en daar op die hoop geëet. --
|
47 |
En Laban het dit Jegar-Sahaduta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem. --
|
48 |
Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag 'n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem, --
|
49 |
en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie. --
|
50 |
As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou. --
|
51 |
Verder sê Laban vir Jakob: Daar is die hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het -- --
|
52 |
hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat k na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie. --
|
53 |
Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak. --
|
54 |
Toe het Jakob 'n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly. --
|
55 |
En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek. --
|