| Chapter 6 |
1 |
En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie. --
|
2 |
Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil. --
|
3 |
Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie; --
|
4 |
maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede; --
|
5 |
in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly; --
|
6 |
in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde; --
|
7 |
in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand; --
|
8 |
deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig; --
|
9 |
as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie; --
|
10 |
as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit. --
|
11 |
Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword. --
|
12 |
Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou. --
|
13 |
Maar by wyse van vergoeding -- ek praat soos met kinders -- moet julle ook verruim word. --
|
14 |
Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? --
|
15 |
En watter ooreenstemming het Christus met B‚lial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? --
|
16 |
Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. --
|
17 |
Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; --
|
18 |
en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige. --
|