| Chapter 3 |
1 |
Alef. Ek is die man wat ellende gesien het deur die roede van sy grimmigheid. --
|
2 |
My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig. --
|
3 |
Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my. --
|
4 |
Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek. --
|
5 |
Hy het my met 'n bouwerk omsingel van gif en moeite. --
|
6 |
Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is. --
|
7 |
Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak. --
|
8 |
Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord. --
|
9 |
Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak. --
|
10 |
Dalet. Hy is 'n beer wat my voorlê, 'n leeu in skuilplekke. --
|
11 |
Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot 'n woesteny gemaak. --
|
12 |
Hy het sy boog gespan en my as 'n teiken vir die pyl opgestel. --
|
13 |
He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan. --
|
14 |
Ek het 'n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag. --
|
15 |
Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wilde-als laat drink. --
|
16 |
Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk. --
|
17 |
En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet. --
|
18 |
Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op die HERE. --
|
19 |
Sajin. Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wilde-als en die gif. --
|
20 |
As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my. --
|
21 |
Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: --
|
22 |
Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; --
|
23 |
hulle is elke môre nuut; u trou is groot. --
|
24 |
Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop. --
|
25 |
Tet. Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. --
|
26 |
Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE. --
|
27 |
Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra. --
|
28 |
Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het. --
|
29 |
Laat hy sy mond in die stof steek -- miskien is daar hoop! --
|
30 |
Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad. --
|
31 |
Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie. --
|
32 |
Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede; --
|
33 |
want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie. --
|
34 |
Lamed. Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap, --
|
35 |
dat hulle die reg van 'n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste, --
|
36 |
dat hulle 'n mens onregverdig behandel in sy regsaak -- het die HERE dit nie gesien nie? --
|
37 |
Mem. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie? --
|
38 |
Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie? --
|
39 |
Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes. --
|
40 |
Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer; --
|
41 |
laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê: --
|
42 |
Ons het oortree en ons was wederstrewig -- U het nie vergewe nie. --
|
43 |
Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning. --
|
44 |
U het Uself in 'n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie; --
|
45 |
U het ons 'n uitvaagsel en 'n wegwerpsel onder die volke gemaak. --
|
46 |
Pe. Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek; --
|
47 |
skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking. --
|
48 |
My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk. --
|
49 |
Ajin. My oog vloei rusteloos weg sonder ophou, --
|
50 |
totdat die HERE uit die hemel neersien en aanskou. --
|
51 |
My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad. --
|
52 |
Sade. Hulle het my soos 'n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is; --
|
53 |
hulle het my lewe in 'n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi. --
|
54 |
Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my! --
|
55 |
Kof. Ek roep u Naam aan, HERE, uit die onderste kuil. --
|
56 |
U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie. --
|
57 |
U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie! --
|
58 |
Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe. --
|
59 |
U sien, HERE, my verdrukking; verskaf my tog reg. --
|
60 |
U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my. --
|
61 |
Sjin. U hoor hulle smaadrede, HERE, al hulle planne teen my, --
|
62 |
die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my. --
|
63 |
Aanskou tog hulle sit en hulle opstaan, ek is hulle spotlied. --
|
64 |
Tau. U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het, HERE. --
|
65 |
U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle. --
|
66 |
U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelg van onder die hemel van die HERE uit. --
|